Voeg by Exodus 39:31-40

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-11-05 16:59:45 +02:00
parent 1b97e057e8
commit 5f2b5c3af5
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 13 additions and 0 deletions

13
2/39
View File

@ -28,3 +28,16 @@ Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy s
en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;
en die gordelvan fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gamaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILGE AAN DIE HERE.
En hulle het 'n pers toutjie daaraan vas gemaak om dit bo-op die tulband te sit, soos die HERE Moses beveel het.
So dan is al die werk van die tabernakel van die tent van samekoms klaar gemaak; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakkies, sy style, sy dwaarshoute en sy pilare en sy voetstukke,
en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot beddeking;
die ark van die Getuienis met sy draaghoute en sy versoendeksel;
die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;
die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie van die kandelaar;
verder die goue altaar en die salf-olie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;
die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;
die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en die penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;
die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.
Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.
En Moses het die hele werk bekyk-en hulle het dit gamaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak! Toe het Moses hulle geseën.