Voeg by Exodus 33-Exodus 34

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-10-14 16:53:32 +02:00
parent ee4d5393b7
commit 87b4cfcee9
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
2 changed files with 58 additions and 0 deletions

23
2/33 Normal file
View File

@ -0,0 +1,23 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland uitgebring het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isaak en Jakob beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;
en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur-en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe-
na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal onder julle nie optrek nie, omdat julle 'n hardnekkige volk is; anders sal Ek julle op die weg verteer.
Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê vir die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik onder julle optrek, sou Ek julle vernietig. Maar haal nou julle versiersels van julle af, dan sal Ek weet wat Ek met julle moet doen.
Toe het die kinders van Israel hulle-self beroof van hulle versiersels, van die berg Horeb af.
En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir homself buitekant die laer vir homself opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buite die laer was.
En as Moses uitgaan na die tent, dan staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingaan van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek hy met Moses.
En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, dan staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.
Dan spreek die HERE met Moses aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.
Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel vir my: Bring hierdie volk op, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.
As Ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
En hy aantwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat u met ons meetrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
Toe sê die HERE vir Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in My oë, en Ek ken jou by die naam.
Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.
Maar Hy aantword: Ek sal al My majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; Maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My onferm oor wie Ek My wil ontferm.
Verder het hy gesê: Jy kan my aangsieg nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.
Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.
En as my heerlikheid verby gaan sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met My hand bedek todat Ek verbygegaan het.
En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

35
2/34 Normal file
View File

@ -0,0 +1,35 @@
Toe het die HERE vir Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerste; dan sal Ek op die tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar voor My staan op die top van die berg.
Maar niemand mag saam met jou opklim nie, daar mag nie eers iemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerste, en Moses het in die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
En die HERE het neergedaal in dei wok en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
En toe die HERE by hom verbygaan het Hy geroep: HERE, HERE 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
wat die goedertierenheid hou vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
en gesê: As ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here onder ons trek; watn dit is 'n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as 'n erfdeel.
Toe antwoord Hy: Kyk, Ek maak 'n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos dit op die hele aarde en onder al die nasiesnie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Ferstiete, Hewiete, en Jebusiete.
Neem jou in ag dat jy geen verbond maak met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik vir jou word nie.
Maar hulle altaare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.
Watn jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers-'n jaloerse God is Hy.
Maak tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hule gode aan hoereer en aan hulle gode offer, dan sal hy jou uitnooi, en hy sal van jou offer eet;
en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maan Abib het jy uit Egipte uit getrek.
Alles wat die moederskoot open is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van jou beeste en kleinvee.
Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy die nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop; en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.
Al jou manspersone moet driemaal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
As Ek nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrie, sal niemand jou land begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, driemaal in die jaar.
Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie ni kook in sy moeder se melk nie.
verder het die Here vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, watn op grond van hierdie woorde het Ek 'n verbond met jou gemaak en met Israel.
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
En toe Moses van die berg Sinai afgaan-die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afgaan-wis Moses nie dat die vel van sy gesig blink, omdat hy met Hom gespreek het nie.
En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom..
Maar Moses eht hulle geroep, en Aäron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggeekom; en Moses het met hulle gespreek.
En daarna het al die kinders van Israel nadergekom, en hy het hulle alle beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg, Sinai.
Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy 'n sluier oor sy gesig gesit.
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met hom te spreek, neem hy die sluier weg voor dat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel was,
sien die kinders van Israel die gesig vna Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop sit Moses weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met hom te spreek.