Voeg by Job 26:1-14

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-10-05 12:43:01 +02:00 committed by Gitea
parent 1758e31e99
commit 9947cbb4f1
1 changed files with 14 additions and 0 deletions

14
18/26
View File

@ -0,0 +1,14 @@
Maar Job het geantwoord en gesê:
Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
Die skimme is beangs onder die waters en die bewoners daarvan.
Nakend lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie -
voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
Die pilare van die hemel wankel en staan verstomd weens sy dreiging.
Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
Kyk, dit is maar die omtrekke van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan