Voeg by Job 34:1-18

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-09 12:13:00 +02:00 committed by Gitea
parent d9482cb0ee
commit 9e299b341a
1 changed files with 18 additions and 0 deletions

18
18/34
View File

@ -0,0 +1,18 @@
Verder het Elíhu aangehef en gesê:
Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!
Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spyse proe.
Laat ons vir onsself uitkies wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.
Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my reg ontneem.
Ondanks my reg moet ek lieg; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!
Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?
Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?
Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.
Daarom manne van verstand luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!
Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.
Ja waarlik, God handel nie goddeloos nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.
Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?
As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,
dan so alle vlees tesame die asem uitblaas, en die mens sou tot stof terugkeer.
As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.
Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?
Durf iemand vir 'n koning sê: Jou deugniet! vir die edeles: Jou goddelose!