Voeg by Genesis 12

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-09-25 17:33:58 +02:00
parent c67403b45c
commit a1312ad5e5
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: D5D36799CFACB2D7
1 changed files with 20 additions and 0 deletions

20
1/12 Normal file
View File

@ -0,0 +1,20 @@
En die Here het vir Abram gesê: Gaan nou uit jou land en uit jou famielie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees.
En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hul besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.
En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die eikeboom van More. Die Kanaäniete was toe in die land.
Daarop verskyn die Here aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.
En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte ood van Betel en sy tent opgeslaan tussen Betel aan die weste - en Ai aan die oostekant, en daar vir die Here 'n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.
Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.En daar was hongersnood in die land, sodat Abram moes aftrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
En daar was hongersnood in die land, sodat Abram moes aftrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy mat sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy 'n vrou is mooi van aansien.
As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou; en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.
Sê tog, jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan terwille van jou, en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.
Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.
Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.
En hy het goed gedoen aan Adam om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.
Maar die Here het Farao en sy huis met groot plae besoek terwille van Sarai, die vrou van Abram.
Toe roep Farao Abram en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?
Waarom het jy gesê: Sy is my suster, sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daaris jou vrou dan nou - neem haar en gaan weg.
En Farao het aan enkele manne omtrent hom bevel gegee, en hulle het hom wegebring met sy vrou en sy hele besitting.