Voeg by Exodus 12

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:33:31 +02:00
parent 4ab734597e
commit c67403b45c
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 51 additions and 0 deletions

51
2/12 Normal file
View File

@ -0,0 +1,51 @@
En die HERE het met Moses en Aäron gespreek in Egipteland en gesê:
Hierdie maand moet vir julle die bagin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.
Spreek die hele vergadering van Israel toe en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen 'n lam neem volgens die famielies, 'n lam vir 'n huisgesin.
Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.
Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud-rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.
En julle moet dit in bewaring hou tot die viertiende dag van hierdie maand; en die hele gemeente, die vergadering van Israel, moet dit slag teen die aand.
En julle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin julle dit eet.
En julle moet dei vleis dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet julle dit met bitter kruie eet.
Julle moet daarvan dit nie eet as dit rou isen as dit in water gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en die pootjies saam met die binnegoed.
Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot môre nie; maar wat daarvan tot môre oorbly, moet julle met vuur verbrand.
En sό moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die HERE is dit.
Want Ek sal in dié nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal stafgerite oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE.
Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan dei huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek verby gaan. En daar sal geen verderflike plaag oänder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.
EN hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n vees vir die HERE vier. Julel moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.
Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; maar op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eetvan die eerste dag af tot die sewende toe-dié siel moet uit Israel uitgeroei word.
En op die eerste dag moet daar 'n heilige saamekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige saamekoms wees. Maar daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen moet geëet word, dit alleen mag deur julle klaar gemaak word.
Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag as 'n ewige insetting hou.
In die eerste maand, op die viertiende dag van die maand, in die aand, moet julle die ongesuurde brode eet, tot op die een en twintigste dag van die maand, in die aand.
Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, diésiel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al 'n vreemdeling is of 'n kind van die land.
Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en vir hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle famieliesen slag die vir die paaslam.
En neem 'n bossie hissop en steek dit in die die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maaar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar waneer Hy die bloedcsien aan die bo-drumpel en die twee deurposte, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in te gaan om te slaan nie.
Onderhou dan hierdie saak as 'n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.
En as julle in die land kom wat die HERE aan julle sal gee soos hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.
En as julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar?-
dan moet julle sê: Dit is 'n paasoffer aan die HERE wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verby gegaan het toe Hy die Egiptenaars getref het maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbiding neergebuig.
En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
EN middernag het die HERE al die eersgeborene van in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao wat op sy troon sou sit, tot die eersgeborene van die gevangene wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
Toe staan Farao op in die nag, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was 'n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar daar geen dooie was nie.
Daarop laat hy Moses en Aäron in die nag roep en sê: Maak julle klaar, trek onder my volk uitjulle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gesprrek het.
Neem ook julle kleinvee saam en julle beeste soos julle gesprrek het, en gaan weg en seën my ook.
EN die Egiptennars het by hdie volk sterk aangehou-om hulle gou uit die land uit te stuur. Want huule het gesê: Ons is almal dood!
Toe neem die volk hulle deeg voordat dit in gesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toe gebind, op die skouers.
En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses-hulle het van die Egiptennars silwergoed en gouegoed geëis;
En die HER het aan die volk guns verlaan in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig, so het hulle dan die Egiptennars berowe.
En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders.
En 'n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste-'n groot hoeveelheid vee.
En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf was sodat hule nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie.
En dei tyd wat Israel in Egipte gewwon het, was vier honderd en dertig jaar.
EN na verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
Dit is 'n nag om plegtig onderhou te word tot eer aan die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.
Moses en Aäronerder het die HERE vir Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die paaslam: Geen uitlander mag daarvan eet nie.
Maar elke slaaf wat 'n man met geld gekoop het, dié moet jy besny; dan kan hy daarvan eet.
Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.
In een huis moet dit geëet word; jy mag geen van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.
Die hele vergadering van Israel moet dit hou.
En as 'n vreemdeling dy jou vertoef en vir die HERE die Pasga wil vier, dan moet by hom almal wat manlik is besny word; en dan mag hy naderkom om dit te vier, en hy sal soos 'n kind van die land wees. Maar geen onbesnedene mag daar van eet nie.
Een wet moet gelde vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.
En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings uit Egipteland uitgelei.