Voeg by Genesis 30:1-21

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-07-12 10:24:39 +02:00 committed by Gitea
parent dbdce2a5d6
commit a2ad6cc6d7

21
1/30 Normal file
View File

@ -0,0 +1,21 @@
En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baarnie, het Ragel haar suster beny an vir Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.
Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar, en ek ook uit haar gebou kan word.
Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee. en Jakob het by haar ingegaan.
En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar.
Toe sê Ragel: God het my aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.
En Bilha, die slavin van Ragal, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar.
Toe sê Ragel: Ek het worstelinge van God met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.
En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.
En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar.
Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem.
Daarna het Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n tweede seun gebaar.
Toe sê Lea: Ek, gelukkige! Want die dogters sal my prys. En sy het hom Aser genoem.
En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gekry en dit na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se lifdesappels.
Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem nie? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
Toe Jakob dan die aanduit die veld kom, geen Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na mý kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.
En God het verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar.
Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.
En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar.
Toe sê Lea: God het 'n mooi geskenk aan my gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom Sébulon genoem.
En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem.