Voeg by Job 32:1-6

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-02 16:44:40 +02:00 committed by Gitea
parent 8b37e2f753
commit b0eeeb0a62
1 changed files with 6 additions and 0 deletions

6
18/32 Normal file
View File

@ -0,0 +1,6 @@
Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
Sy toorn het ook ontvlam teen sý drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.
Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.
En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is grysaards; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.