Voeg by Job 14

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:38:07 +02:00
parent 54536ca251
commit c7ddeba105
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
18/14 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Die mens uit ʼn vrou gebore is kort van dae en sat van onrus.
Hy spruit uit soos ʼn blom en verwelk; ook vlug hy soos ʼn skaduwee en hou nie stand nie.
En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor U gerig.
Ag, kon maar ʼn reine voortkom uit ʼn onreine? Nie een nie.
As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
Kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus - totdat hy soos ʼn dagloner hom tevrede voel met sy dag.
Want vir ʼn boom is daar verwagting: as dit afgekap word, dan loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
As sy wortel oud word in die aarde en sy stam stef in die stof -
van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak ʼn tak soos ʼn jong plantjie.
Maar ʼn man sterwe en is magteloos; ja ʼn mens blaas die asem uit en - waar is hy?
Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die river droog uit en lê droog -
so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn stel en dan aan my wou dink!
As ʼn mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
U sou roep, en en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
My oortreding is verseël in ʼn bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
Maar soos ʼn berg stukkend val deurdat dit inmekaarstort, en ʼn rots versit wort uit sy plek;
die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van ʼn mens - U maak dit tot niet.
U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en skuur hom weg.
Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gevaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.