Voeg by Exodus 29

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 18:09:39 +02:00
parent fa725da612
commit e64d2d69f4
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 12 additions and 0 deletions

12
2/29 Normal file
View File

@ -0,0 +1,12 @@
En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is;
en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie betryk. Van fyn koringmeel moet jy die maak.
En sit dit in een maandjie, en bring dit aan die maandjie saam met die bul en die twee ramme.
Dan moet jy Aäronen sy seuns laat naderkom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.
En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed slef en die borstas, en bindhom die band van die skouerkleed om.
En sit die tulband op sy hoof, en maak die heilige kroon aan die tulband vas.
Neem dan die salf-olie en giet dit op sy hoof en salf hom.
Ook sy seuns moet jy laat naderkom, en laat hulle die rokke aantrek,
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
En slag die bul; voor die aangesig van die HERE , by die ingang van die tent van samekoms.
Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger stryk aan die horings van die altaar; en al die orige bloed moet jy uitgiet