Voeg by Job 28:20-28

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-10-14 21:46:10 +02:00 committed by Gitea
parent 43ec25ede8
commit ed3f5d61cc
1 changed files with 9 additions and 0 deletions

9
18/28
View File

@ -17,3 +17,12 @@ Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook die kosbare onikssteen en saffi
Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
Die wysheid dan - waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons gerugte daarvan gehoor.
God weet die weg daarheen, en Hý ken die woonplek daarvan.
Want Hý sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
toe het Hy die wysheid gesien en dit gemonster; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
Maar vir die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.