Voeg by Job 35:1-16

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-11 16:46:15 +02:00 committed by Gitea
parent 85e82a257f
commit eed3301e48
1 changed files with 16 additions and 0 deletions

16
18/35
View File

@ -0,0 +1,16 @@
Verder het Elíhu aangehef en gesê:
Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God, -
dat u vra wat dit u baat: Wat help dit my meer as wat ek sou sondig?
Ék sal u aantwoord gee en u vriende saam met u.
Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
As u sondig, watterskade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom aandoen?
As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat sal Hy uit u hand aanneem?
Vir 'n man soos u geld u goddeloosheid, en vir 'n mensekind u geregtigheid.
Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die arm van die grotes.
Maar niemand sê: Waar is God, my Maker nie, wat lofsange gee in die nag,
wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel.
Dan roep hulle - maar Hy antwoord nie - vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.
Sekerlik, na nietige klagtes luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie. Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,
maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.