Voeg by Exodus 20

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:44:20 +02:00
parent 3170e40f05
commit fc059d008a
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 26 additions and 0 deletions

26
2/20 Normal file
View File

@ -0,0 +1,26 @@
Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of wat in die waters onder die aarde is nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat my haat;
en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Jy mag nie die Naam van die HERE jou God nie ydelik gebruik nie, want die HERE sal een wat sy Naam ydelik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Dink aan die sabbatdag, dat jy dit heilig.
Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie-jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en geheilig.
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
Jy mag nie doodslaan nie.
Jy mag nie egbreek nie.
Jy mag nie steel nie.
Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
En toe die hele volk die donderslae en en die blitse en die geluid van die basuin en die ronkende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.
En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, soat julle nie sondig nie.
So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moses het nadergegaan na die donkerheid waar God was.
Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat ek met julle uit die hemel af gespreek het.
Julle mag naas my geen silwergode maak nie en geen goue gode vir julle maak nie.
'n Altaar van grond moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste offer. Op elke plek waar Ek aan my naam sal laat dink, sal Ek na jou toe kom en jou seën.
Maar es jy vir my 'n klip-altaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroorn swaai, dan ontheilig jy dit.
Jy mag ook nie trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daaroor ontbloot word nie.