Afrikaans-1933/2/11

11 lines
1.6 KiB
Plaintext

Verder het die HERE vir Moses gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel-en-al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.
Sê tog voor die ore van die volk dat elke man sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis.
En die HERE het aan die volk guns gegee in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
Toe sê Moses: So spreek die HERE: Omtrent miiddernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;
dan sal die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene wat op die troon sou sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul al die eersgeborenes van die vee.
EN daar sal 'n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos wat daar nie gewees het en nie weer sal wees nie.
Maaar teen geeneen van die kinders van Israel van Israel sal 'n hond sy tong veroer nie, van mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE 'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.
Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af wegegaan in gloeiende toorn.
En die die HERE vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in in Egipteland baie kan word.
En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.