Afrikaans-1933/2/15

28 lines
3.5 KiB
Plaintext

Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE want hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het hy in die see gewerp.
Die HERE is my krag en my psalm, en hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my Vader, Hom sal ek verhef.
Die HERE is 'n krygsman; HERE is sy naam.
Hy het Farao sy strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne in dieSkelfsee gesink.
Die watervloede het hulle geoordek. Hulle het in die skolke gesink soos 'n klip.
o HERE, U regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand.
En in u hoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos 'n stoppel.
En deur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestawel, die strome het bly staan soos 'n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.
Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my sward trek, my hand sal hulle uitroei.
U het met u asem geblaas: die see ht hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.
o HERE wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders deon?
U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.
U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U voer hulle deur u krag na u heilige woning.
Die wolke he tdit gehoor, hulle het gissider; weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.
Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtigs van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.
Verskriking en vrees het hulle geval; duer die grootheid van u arm was hulle stom soos 'n klipterwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl di evolk deurtrek wat u verwerf het.
U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o HERE!
Die HERE sal regeer vir ewig en altoos.
Want Farao en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see op hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.
En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron, het 'n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar ann, met tamboeryne en koordanse.
En Mirijam het hulle al singend geantwoord: Sing tot eer van die HERE want hy is hoog verhewe. Hy het die perd en sy ruiter in die see gewerp.
Daarop laat Moses die Israeliete van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.
En hulle het by Mara gekom, maar kon di ewater van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek die Mara.
Toe murmereer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?
En hy het die HERE aangeroep en diE HERE het hom 'n stuk hout gewys; en hy het dit in die waters gegooi, en die water het soet geword. Daar het hy vir hulle 'n insetting en verordenig vasgestel en daar hulle beproef
en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luisteren doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Eh=gipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
Daarop het hulle by Elim gekom waar twaalf waterfonteineen sewentig palmbome was. EN hulle het daar by die water laer opgeslaan.