Afrikaans-1933/18/24

9 lines
793 B
Plaintext

Waarom word daar geen geregstye deur die Almagtige opgespaar nie? en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdade nie?
Grenslyne verlê hulle; ʼn trop vee roof hulle en laat wie.
Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die wedevee neem hulle as pand.
Hulle stood die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.-
Kyk, soos wilde esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.
Op die veld maai hulle sy voer af, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.
Nakend bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.
Van die stortbui van die brege vord hulle nat; en by die gebrek aan skuiling druk hulle teen die rotse vas.