was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
Maar ʼn mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardryk bevogtig.
En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus geblaas die asem van die lewe. So het dan die mens ʼn lewende siel geword.
Ook het die HERE God ʼn tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar die mens wat Hy geformeer het, ʼn plek gegee.
En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sal noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.
So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
Toe het die HERE God ʼn diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ʼn vrou en bring haar na die mens.