Voeg by Exodus 39

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-11-05 16:30:58 +02:00
parent 682278fb21
commit 1b97e057e8
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8

30
2/39 Normal file
View File

@ -0,0 +1,30 @@
Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooistowwe gemaak, om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilge klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die skouerkleed gemaak van goud en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade opgesny om die in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne-'n kunstige werk.
Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aanmekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.
En die band wat daaraa was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een dtuk, van die selfde werk, van pers en purperroii en bloedrooi stowwe en fyn dubbdraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op 'n seëlsteen ingesny word, volgens die name van die seuns van Israel.
En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit as gedagtenisstene aan die kinders van Israel soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stow en fyn dubbeldraad-linne.
Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbeld gevou was dit.
En hulle het daarin vier rye stene ingevul: 'n rye met karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry.
EN die twede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.
En die derde ry; 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.
En die vierde ry: 'n chrisoliet, 'n oniks en 'n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
En die stene was volgens die name van die suens van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.
Hulle het ook die borstas gedraaide getings gemaak, soos toudjies gedraai, van suiwer goud;
en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twe bo-ente van die borstas vasgesit,
en hulle het die twee goue toudjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.
Maar die twee ander ente van die toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dít dan aan die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, aan die voorkant daarvan.
Hulle het ook twee goue ringegamaak en dit aan die twee onder-ente van die boras vasgesit, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
En hulle het twee goue ringe gemaak en dt aan die skouerstukke van die skouerkleed vagesit, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
En hulle het die borstas, met sy tinge, aan die ringe van die skouerkleed met 'n perstoutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed kon wees, en die borstas nie van die skouerkleed kon af skuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.
En hy eht die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van 'n pantser; die opening het 'n soom rondom gehad, dat dit nie kon skeur nie.
En aan die soom van die kleed het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die som van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:
'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;
en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;
en die gordelvan fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gamaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILGE AAN DIE HERE.