Voeg by Númeri 7:1-17

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-11-02 15:45:10 +02:00 committed by Gitea
parent b0297c199a
commit 218f9c78cc

17
4/7 Normal file
View File

@ -0,0 +1,17 @@
En op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig en die gesalf en geheilig het met alles wat daarby behoort, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,
het die owerstes van Israel, die hoofde van hulle famielies, offers gebring-hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het-
hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ʼn was vir twee owerstes en ʼn bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.
Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:
twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;
en vier waens en agt beeste aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
Maar aan die seuns van Kohat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.
En die owerstes het die inwydings gawes van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer voor die altaar gebring.
En die HERE het vir Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op ʼn afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.
En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda.
En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-am, as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
een as dankoffer: twww beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Nagsoni die seun van Ammínadab.