Voeg by Genesis 29:1-11

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-06-30 18:17:35 +02:00 committed by Gitea
parent c102339056
commit 22212dc7aa

11
1/29 Normal file
View File

@ -0,0 +1,11 @@
Toe lig Jakob sy voete op en gaan na die land van die kinders van die ooste.
En meteens sien hy 'n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was 'n groot klip op die opening van die put.
En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.
Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.
En hy sê vir hulle: Ken julle Laban, die seun van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.
Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom? En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.
En sy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie tyd on die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en loop, laat hulle wei.
Toe antwoord hulle: ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.
Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas.
Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laben, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.
En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween.