Voeg by Númeri 4:16-49

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-10-13 16:19:51 +02:00 committed by Gitea
parent ce75ef976e
commit 28dcf1db99
1 changed files with 38 additions and 4 deletions

42
4/4
View File

@ -4,12 +4,46 @@ van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om we
Dit sal die dienswerk van die seuns van Kohat by die tent van samekoms wees wees, naaamlik by die hoogheilige dinge.
By die opbreek van die laer, dan moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.
En hulle moet ʼn dekkleed van robbevelle daarop sit en ʼn doek, heeltemal van pers stof, daarbo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
Hulle moet ook oor die toonbroodtafel ʼn pers doek uitsprei, en moet daarop sit die skottels en die rookpanne en die bekeres en die dankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.
Hulle moet ook oor die toonbroodtafel ʼn pers doek uitsprei, en moet daarop sit die skottels en die rookpanne en die bekers en die dankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.
Daarna moet hulle ʼn rooi doek daaroor uitsprei en dit met ʼn dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
Dan moet hulle ʼn pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.
En hulle moet dit met al sy gereedskap op ʼn dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.
En oor die goue altaar moet hulle ʼn pers doek uitsprei en dit met ʼn dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op ʼn pers doek neerlê en met ʼn dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
En hulle meot die as van die altaar verwyder en daar ʼn rooi doek oor uitsprei.
En hulle meot al sy gereedskap daarop sit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ʼn dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbrreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van alles wat daarby behoort, moet die seuns van Kohat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kohat moet dra van die tent van samekoms
En hulle moet die as van die altaar verwyder en daar ʼn rooi doek oor uitsprei.
En hulle moet al sy gereedskap daarop sit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ʼn dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbrreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van alles wat daarby behoort, moet die seuns van Kohat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kohat moet dra van die tent van samekoms.
En die opsig van Eleásar, die seun van die priester Aäron moet wees oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salf-olie; die opsig oor die hele tabernakel en alles wat daarin is: die heiligdom en alles wat daarby behoort.
En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Sorg dat die stam van die geslagte van die Kohatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.
Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en wat hy moet dra.
Maar hulle moet nie inkom om vir ʼn oomblik die heiligdom te sien nie, sodat hulle nie sterwe nie.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle famielies, volgens hulle geslagte.
Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyfitg jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.
Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer:
hulle moet die tent doeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daarbo-oor is, en die beddeking vir die ingang van die tent van samekoms,
en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en die lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.
Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete-alles wat hulle moet dar en hulle hele diens-moet wees volgens die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle aanwys al hulle drawerk om dit waar te neem.
Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle te besorg het moet plaasvind onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
Wat aangaan die seuns van Merári-dié moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies.
Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word-hulle hele dienswerk by die tent van samekoms-die style van die tabernakel met sy dwaarshoute en sy pilare en sy voetstukke,
en die pilare en die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne-al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle by die naam aanwys.
Dit is die dienswerk vvir die geslagte van die seuns van Merári-hulle hele diens by die tente van samekoms onder die leiding van Ítamar, die seun van Aäron.
En Moses en Aäron en die owerstes vna die vergadering het die seuns van die Kohatiete getel volgens hulel geslagte en volgens hulle famielies;
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyfitg jaar, almal wat dienspligtig was, insake die dienswerk by die tent van samekoms.
En hulle geteldes was volgens hulle geslagte twee duisend sewe honderd en vyftig.
Dit is die geteldes van die geslagte van die Kohatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur Moses getel het.
En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle famielies,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyfitg jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent vasamekoms-
hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgesn hulle famielies, twee duisend ses honderd en dertig.
Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het.
En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte volgens hulle famielies,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms-
hulle geteldes was volgens hulle geslagte drie duisend twee honderd.
Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur Moses getel het.
Al die getelde Leviete wat Moses en Aäron en die owertes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle famielies,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms-
hulle geteldes was agt duisend vyf honderd en tagtig.
Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle getel elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; en elkeen se opdrag was die wat die HERE Moses beveel het.