Voeg by Exodus 40:17-38

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-11-09 16:27:14 +02:00
parent ff27f6578a
commit 464604e623
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8

22
2/40
View File

@ -14,3 +14,25 @@ Trek dan Aäron die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir my
Jy moet ook sy seuns laat naderkom en hulle die rokke aantrek.
Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf hetm dat hulle vir my die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel eht; so het hy gedoen.
En in die eerste maand, in die twede jaar, op die eerste van die maand is die tabernakel opgerig.
En Moses het die tabernakel op gerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop esit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.
En hy het die tant seil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daarbo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die Getuienis geneem en die in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.
Toe het hy die ark in die tabernkel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel.
En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.
En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel,
en reukwerk en speserye daarop aan die brand gesteek, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.
En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer an die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms in die altaar gesit, en hy het daar water ingegooi om mee te was.
En Moses en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.
As hulle ingaan in die tent van samekoms of naderkom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die beddeking van die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk klaar gemaak.
To het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
sodat Moses nie kon ingaan in die tent van samekoms nie, omdat die wolk daarop greus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;
maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie totdat dit weer optrek.
Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.