Voeg by Númeri 20:12-29

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2023-08-28 14:55:12 +02:00
parent 17842f21a3
commit 48d0b73ac1
Signed by: Eunice
GPG Key ID: D89262684402BF7B
1 changed files with 20 additions and 2 deletions

22
4/20
View File

@ -1,6 +1,6 @@
En toe die kinders van Israel, die hele vergaering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe vergader hulle teen Moses en Aäron.
En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maat gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering as weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.
@ -9,3 +9,21 @@ Neem die staf en laat die vergadering bymekaarkom, jy en jou broer Aäron, en sp
Toe neem Moses en Aäron die staf voor die aangesig van die Here weg soos Hy hom beveel het.
En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat bymekaarkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
Daarop op tel Moses sy hand op en slaan die rots tweemaal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
Toe sê: die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het nie, om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land in bring wat Ek aan hulle gegee het nie.
Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het, en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.
Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.
Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.
Toe het ons die HERE aangeroep en Hy het ons stem gehoor: Hy het ʼn Engel gestuur en ons uit Egipte gelei.
Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie, en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koninklike weg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie totdat ons deur jou grondgebied getrek het het.
Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.
Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, dan gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek-verder niks nie.
Maar hy antwoord: Jy sal nie deur trek nie. En Edom uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand.
So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur dy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.
En die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.
En die HERE het met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom gespreek en gesê:
Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy sal nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.
Neem Aäron en sy seun Eleáser, en laat hulle op die berg Hor opklim;
en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleáser aan; en Aäron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.
Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.
En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleáser aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Eleáser het van die berg afgeklim.
En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beween dertig dae lank.