Voeg by Númeri 7:18-89

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-11-03 16:42:25 +02:00 committed by Gitea
parent 218f9c78cc
commit 6826a9df09
1 changed files with 73 additions and 1 deletions

74
4/7
View File

@ -14,4 +14,76 @@ En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silw
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-am, as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
een as dankoffer: twww beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Nagsoni die seun van Ammínadab.
een as dankoffer: twww beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Nagson die seun van Ammínadab.
Op die tweede dag het Netáneël, die seun van Suar, die owerste van Íssaskar aangebring;
hy het sy offer gebring: een silwer skottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwwe vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Netáneël, die seun van Suar.
Op die derde dag die owerste van die kinders van Sébulon, Elíab, die seun van Helon.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Elíab, die seun van Helon.
Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben, Elísur, die seun van Sedéür.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Elísur, die seun van Sedéür.
Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Símeon, Selúmiël, die seun van Surísaddai.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Selúmiël, die seun van Surísaddai.
Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad, Éljasaf, die seun van Déhuel.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Éljasaf, die seun van Déhuel.
Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim, Elisáma, die seun van Ammíhud.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Elisáma, die seun van Ammíhud.
Op die agste dag die owerste van die kinders van Manasse, Gámliël, die seun van Pedásur.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Gámliël, die seun van Pedásur.
Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Abídan, die seun van Gideόni.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Abídan, die seun van Gideόni.
Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser, Págiël, die seun van Ogran.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Págiël, die seun van Ogran.
Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali, Ahíra, die seun van Enan.
Sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
een bokram as sondoffer;
as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die offer van Ahíra, die seun van Enan.
Dit is die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne-
elke skottel honderd en dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was twee duisend vier honderd volgens die sikkel van die heiligdom-
twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd en twintig sikkels.
Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud-lammers twaalf, met hulle spyoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.
En al die beeste vir die dankoffer was vier en twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud-lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.
En toe Moses in die tent van samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af, wat op die ark van die Getuienis is tussen die twee gérubs uit. So het Hy dan met hom gespreek.