Voeg by Genesis 24:46-67

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-12-04 16:29:58 +02:00 committed by Gitea
parent b36e340fab
commit 7d7d8ad97f

22
1/24
View File

@ -43,3 +43,25 @@ Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer,
ek staan hier by die fontein - laat die nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en vir wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink -
en wat my sal antwoord: Drink u self en ook vir u kamele sal ek skep - sý is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
Ek het nog nie klaar in my hart gepreek nie of daar kom Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!
En sy het dadelik haar kruik van haar laat afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele laat drink. En ek het gedrink, en sy het ook die kamele laat drink.
Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En sy antwoord: Die dogter van Bétuel, die seun van Nahor, wat Milka vir hom gebaar het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,
en ek het in my aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir seun te gaan haal.
As julle dan nou guns en trou aan my heer wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of links kan gaan.
Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy 'n vrou kan wees vir die seun van jou heer soos die HERE gespreek het.
Toe die dienaar van Abraham hulle woord hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.
Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en klere uit gehaal, en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee.
En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat hy by was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer!
Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die dogter 'n dag of tien by ons bly; daarna kan jy heengaan.
Maar hy antwoord hulle: Moenie my ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.
Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en haar self vra.
En hulle het Rebekka geroep en vir haar gesê: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.
Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppaster laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.
En hulle het vir Rebekka geseën en vir haar gesê: o Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou nageslag die poort van hulle vyande in besit neem!
Toe het Rebekka en haar diesmeisies hulle klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan Rebekka saamgeneem en weggetrek.
En Isak het uit die rigting van die put Lagai-Roϊ gekom; want hy het gaan woon in die Suidland.
En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.
Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe spring sy van die kameel af
en sê vir die dienaar: Watter man is die wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.
Daarna het die dienaar aan Isak alles vertel wat hy gedoen het.
En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is dan Isak getroos ná die dood van sy moeder.