Voeg by Númeri 11:16-35

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2023-02-14 11:28:43 +02:00 committed by Gitea
parent afbdd96086
commit 98e8fbf98c
1 changed files with 19 additions and 0 deletions

19
4/11
View File

@ -13,3 +13,22 @@ Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék hulle gebaar, dat U vir my s
Waarvandaan moet ek vleis kry om vir al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vles dat ons kan eet.
Ek alleen kan hierdie volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.
En as U so met my wil handel, slaan my dan liewers dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie.
Toe sê die HERE vir Moses: Bring vir my sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en dié se opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.
Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.
En vir die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.
Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of twintig dae nie-
ʼn hele maand lank totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat hulle die HERE wat onder julle is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?
Toe sê Moses: Ses honderd duisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal vir hulle vleis gee, en hulle sal ʼn hele maand lank eet!
Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg is? Of sal al die visse van die see vir hulle bymekaargemaak word, sodat daar vir hulle genoeg is.
Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord uitkom of nie.
Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.
Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam vna die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die gees het op hulle gerus-hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgaan het nie-en hulle het in die laer geprofeteer.
Toe haardloop ʼn seun en vertel dit aan Moses en sê: Eldad en Medad profeteer in die laer.
En Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses van sy jeug af, antwoord en sê: My heer Moses, belet hulle dit!
Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor julle mag gee!
Daarop het Moseees hom in die laer teruggetrek, hy en die oudstes van Israel.
Toe het ʼn wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laar neergegooi, omtrent ʼn dagreis hier en omtrent ʼn dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.
Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die HERE alreeds teen die volk ontvalm het, en die HERE het onder die volk ʼn baie groot slag teweegebring.
Daarom het hulle dié plek genoem Kibrot Hattáäwa: want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.
Van Kibrot Hattáäwa af het die volk weggetrek na Háserot toe, en hulle het in Háserot gebly.