Voeg by Númeri 17:1-13
This commit is contained in:
parent
3f57b581b9
commit
a250ec6c07
13
4/17
Normal file
13
4/17
Normal file
@ -0,0 +1,13 @@
|
|||||||
|
Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
|
||||||
|
Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ʼn staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
|
||||||
|
En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
|
||||||
|
En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle samekom.
|
||||||
|
En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureeringe van die kinders van Israel stilmaak wat hulle teen julle murmureer, sodat dit My nie meer lastig val nie.
|
||||||
|
Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het vir hom ʼn staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.
|
||||||
|
En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit.
|
||||||
|
En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!
|
||||||
|
Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
|
||||||
|
Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureeringe, dat hulle nie sterwe nie.
|
||||||
|
En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
|
||||||
|
Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
|
||||||
|
Elkeen wat enigsins naderkom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan klaar daarvoor bestemd om weg te sterwe?
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user