Voeg by Psalms 38:1-23

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-03-08 17:11:14 +02:00 committed by Gitea
parent 9380d8c3eb
commit af37653f54
1 changed files with 23 additions and 0 deletions

23
19/38 Normal file
View File

@ -0,0 +1,23 @@
ʼn Psalm van David, by die gedenkoffer.
o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.
Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.
Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos ʼn swaar pak het hulle vir my te swaar geword.
My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
Ek is krom, heeltemal gebuig; die hele dag gaan ek in die rou;
want my lende is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gesteun van my hart.
Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
My liefhebbers en my vriende staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;
en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.
Maar ek is soos ʼn dowe: ek hoor nie, en soos ʼn stomme wat sy mond nie oopmaak nie.
Ja, ek is soos ʼn man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;
want op U, HERE wag ek ; Ú sal verhoor, Here my God!
Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!
Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.
Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.
Maar my vyhande is lewendig, hulle is magtig; en die wat haat sonder grond, is groot in aantal.
En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyhandig, omdat ek die goeie najaag.
Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!
Maak tog gou om my te help, Here my heil!