Voeg by Exodus 6
This commit is contained in:
parent
65157b0ed0
commit
bfdb41d245
29
2/6
Normal file
29
2/6
Normal file
@ -0,0 +1,29 @@
|
||||
Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE.
|
||||
En ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek my nie aan hulle bekend gemaak nie.
|
||||
Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kaänan te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;
|
||||
en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.
|
||||
Daarom, sê vir die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red iut hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur 'n groot strafgerigte;
|
||||
en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n volk wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
|
||||
En ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, Isak en Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting, Ek, die HERE.
|
||||
Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldegheid en weens die harde arbeid.
|
||||
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
|
||||
Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.
|
||||
Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel nie naa my geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?
|
||||
Daarop het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle met 'n boodskap na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
|
||||
Dit is die hoofde van hulle famielies. Die seuns van Ruben, die eersgebore van Israel: Hanog, Pallu, Hesron, en Karmi; dit is die geslagte van Ruben.
|
||||
En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kaänanietiese vrou; dit is die geslagte van Símeon.
|
||||
En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehaten Merári. En die lewensjare van Levi was hondred sewe-en-dertig jaar.
|
||||
Die seuns van Gerson: Libni en Símeϊ volgens hulle geslagte.
|
||||
En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjaare van Kehat was honderd drie en dertig jaar.
|
||||
En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming.
|
||||
En Amram het Jόgebed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom gebaar, Aäron en Moses. En die lewensjaare van Amram vas honderd sewe-en dertig jaar.
|
||||
En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.
|
||||
En die seuns van Ussiël: Mísael, Elsafan en Sitri.
|
||||
En Aäron het Eliséba, die dogter van Ammínadab suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
|
||||
En die seuns van Korag: Assir, Elkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.
|
||||
En Eleásar, die seun van Aäron, het Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Píneas gebaar. Dit is die famieliehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.
|
||||
Dit is Aäron en Moses vir wie die HERE gesê het: Lui die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërafdeelings.
|
||||
Dit is hulle wat met Farao die koning van Egipte gespreek het, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei. Dit is Moses en Aäron.
|
||||
Die dag toe die HERE met Moses in Egipteland gespreek het,
|
||||
het die HERE Moses aangespreek met hierdie woorde: Ek is die HERE. Sê vir Farao, die koning van Egipte, alles wat ek met jou spreek.
|
||||
Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is ondesnede van lippe; hoe sal Farao dan na my luister?
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user