Voeg by Levitikus 19:18-37

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-25 17:30:38 +02:00 committed by Gitea
parent ceb17df7e2
commit c6edfc522f
1 changed files with 20 additions and 0 deletions

20
3/19
View File

@ -15,3 +15,23 @@ Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar
Julle mag geen onreg doen doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees en vir die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy jou naaste oordeel.
Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die bloed vna jou naaste optree nie. Ek is die HERE.
Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berisp, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.
Jy mag nie wraakgierig of haatdraend tenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou lief hê soos jou self. Ek is die HERE.
Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
En as 'm man wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sondar dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie doodgemaak word nie, want sy was nie vrygelaat nie.
En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms-'n ram van skuldoffer;
en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.
En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, dan moet julle hulle vrugteas hulle voorhuid beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle onbesnede wees; daar mag nie van geëet word nie.
Maar in die vierdie jaar moet al hulle vrugte 'n heilige feesgawe aan die HERE wees;
en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet-dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.
Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.
Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.
Julle mag ook terwille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.
Begeef julle nie na die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
En as 'n vreemdeling by jou in julle land verotef, mag julle hom nie verdruk nie.
Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom lief hê soos jouself, want julle waws vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.
Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die HERE.