Voeg by Leviticus 16:1-15

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-16 12:49:29 +02:00 committed by Gitea
parent 85f701160b
commit d97f20717f

15
3/16 Normal file
View File

@ -0,0 +1,15 @@
En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron toe hullenadergekom het voor die aangesig van die HERE en gesterf het;
en die HERE het vir Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie enige tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan, met 'n jong bul as sondoffer en 'n ram as brandoffer.
Hy moet 'n heilige linnerok aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is 'n heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as en een ram as brandoffer neem.
Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.
Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.
En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE een een lot vir Asásel.
Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het, en hom as sondoffer klaarmaak;
maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel wrod om oor hom versoening te bewerk, om hom vir Asásel na die woestyn te stuur.
Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen; hy moet die sondofferbul slag vir hom bedoel is,
en die vuurpan volgloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee hande vol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.
En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
En hy moet die bloed van die bul neem en met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die vesoendeksel moet hy sewemaal met sy vinger van die bloed sprinkel.
Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.