Voeg by Leviticus 11:6-23

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-06-30 16:50:26 +02:00 committed by Gitea
parent a48d1030b3
commit e8bf95ba52

17
3/11
View File

@ -4,3 +4,20 @@ Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste klou
Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou maar het geen gesplitste kloue nie-onrein is hy vir hulle;
en die das, want hy herkou maar het geen gesplitste kloue nie-onrein is hy vir julle;
en die haas, want hy herkou maar het geen gesplitste kloue nie-onrein is hy vir julle;
ook die vark, wat hy het gesplitste kloue, ja heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie-onrein is hy vir julle.
Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas raak nie-onrein is hulle vir julle.
Dit mag julle eeat van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere-dit mag julle eet.
Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water in-'n gruwel is dit vir julle
Ja 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou.
Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie-'n gruwel is dit vir julle.
En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou-hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle; die arend en die lammervanger en die aasvoël;
en die kuikenduif en die valk volgens sy soorte;
elke kraai volgens sy soorte;
en die volstruis en die sperwel en die seemeeu en die klein valk volgens sy soorte;
en die steenuil en die visvanger en die steunuil;
en die silweruil en die pelikaan en die aasvoël;
en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
Al die insekte met vlerke wat op al vier loop-'n gruwel is hule vir julle.
Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vier vlerke wat op al vier loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het-'n gruwel is hulle vir julle.