Númeri 8-9 #96

Merged
Llewellyn merged 6 commits from Eunice/Afrikaans-1933:Númeri into master 2022-11-11 16:11:59 +00:00
2 changed files with 49 additions and 0 deletions

26
4/8 Normal file
View File

@ -0,0 +1,26 @@
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, dan moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.
En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy dié lamp opgesteek soos die HERE Moses beveel het.
En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die beeltenis wat die HERE Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle.
En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet ʼn skeermes oor hulle hele ligaam laat gaan en hulle klere was en hullself reinig.
Daarna moet hulle ʼn jong bul neem en die spysoffer was daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ʼn ander jong bul moet jy as sondoffer neem.
En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat naderkom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel.
Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat naderkom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê.
En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig.
En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en maak jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE klaar, om vir die Leviete versoening te doen.
Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die HERE beweeg.
En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Leviete myne kan wees.
En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg.
Want hulle is heeltemal aan my gegee onder die kinders van Israel uit; in die plek van alles wat die moederskoot open-al die eersgeborenes uit die kinders van Israel-het Ek hulle vir My geneem.
Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir my geheilig.
En Ek het die Leviete in plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem
en die Leviete gegee-hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.
En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.
En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Dit is die saak wat die Leviete aanbetref: Van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die samekoms.
Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en die meer dien nie-
hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie.So meot hy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.

23
4/9 Normal file
View File

@ -0,0 +1,23 @@
En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai-in die twede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand-en gesê
dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.
Op die viertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insetting en al sy verordeninge moet julle die hou.
Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek, dat hulle die pasga moet hou.
En hulle het die pasga gehou op die viertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.
En daar waas manne wat deur die lyk van ʼn mens onrein geword het, en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nadergekom voor Moses en Aäron op dieselfde dag,
en dié manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van ʼn mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd sou bring onder die kinders van Israel nie?
En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat die HERE julle sal beveal.
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: as iemand van jullle of van julle geslagte deur ʼn lyk onrein word of op ʼn ver reis is, dan meot hy tog die pasga vir die HERE hou.
In die twede maand, op die viertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.
Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of ʼn been daaraan breek nie; voglens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.
Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.
En as ʼn vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, dan moet by dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.
En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel oordek, en die aand was dit oor die tabernakel soos ʼn gedaante van vuur, tot die môre toe.
So was dit altydeur: die wolk het dit oordek, en snags ʼn gedaante van vuur.
En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan-
volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; aldie dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.
En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.
Maar somtyds was die wolk net ʼn paar dae oor die tabernakel-volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.
En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre-as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag-as die wolk optrek, het hulle weggetrek;
of ná twee dae of ʼn maand of langer-as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die diens van die HERE waargeneem volgens die bevel van die HERE deur Moses