Afrikaans-1933/3/27

35 lines
4.5 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand ʼn besondere gelofte aflê-mense aan die HERE toewy volgens jou skatting,
dan moet jou skatting vir ʼn manspersoon, vam twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees volgens die sikkel van die heiligdom.
Maar is dit ʼn vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.
En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir ʼn manspersoon twintig sikkels wees en vir ʼn vrou, tien sikkels.
Maar is dit iemand van ʼn maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir ʼn manspersoon vyftien sikkels silwer wees en jou skatting vir ʼn vrou tien sikkels.
En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo-is dit ʼn manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ʼn vrou tien sikkels.
Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, dan moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig, wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.
En as dit ʼn dier is waarvan hulle aan die HERE ʼn offer kan bring, dan moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig wees.
Hy mag dit nie omwissel of omruil nie-ʼn goeie vir ʼn slegte of ʼn slegte vir ʼn goeie nie; maar as hy tog ʼn dier vir ʼn ander een omruil, dan moet dit en die geruilde heilig wees.
En as dit enige onrein dier is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, dan omet hy die dier voor die priester stel,
en die priester moet dit skat nadat dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.
Maar as hy dit wil los, dan moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.
En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, dan moet die priester dit skat nadat dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
En as hy wat die geheilig het, sy huis wil los, dan moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.
En as iemand ʼn stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, dan moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ʼn homer grassaad op vyftig sikkels silwer.
As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig-volgens jou skatting, so moet dit bly.
Maar as sy stuk land ná die jubeljaar heilig, dan moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar toe is; end dit moet by jou skatting afgetrek word.
En as hy wat die stuk land geheilg het, dit wil los, dan moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.
En as hy die stuk land nie los nie, en as hy die stuk land aan ʼn ander verkoop, dan mag dit nie meer gelos word nie;
maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees so ʼn stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.
En as hy aan die HERE ʼn stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,
dan moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar toe bereken; en hy moe top die selfde dag die skatting gee as ʼn heilige gawe aan die HERE.
In die jubeljaar ʼn die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.
En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.
Maar die eersgeborene van ʼn dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit ag niemand heilig nie; of dit ʼn bees is of ʼn stuk kleinvee-dit behoort aan die HERE.
Maar is dit van ʼn onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, dan ʼn dit na jou skatting verkoop word.
Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort-mense of vee of grond wat in sy besit is-mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
Elkeen wat verban is, wat met die bandvloek getref is, mag nie los gekoop word nie; hy moet sekerlik doodgemaak word.
Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bomme, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.
Maar as iemand van sy tiendes iets wil los, dan moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.
Wat aangaan al die tiendes van beeste en kleinvee-alles wat onder die herderstag deurgaan-die teidne ʼn aan die HERE heilig wees.
Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, dan moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.
Dit is die gebooie wat die HERE Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.