Afrikaans-1933/4/9

24 lines
3.5 KiB
Plaintext

En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai-in die twede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand-en gesê
dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.
Op die viertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insetting en al sy verordeninge moet julle die hou.
Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek, dat hulle die pasga moet hou.
En hulle het die pasga gehou op die viertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.
En daar waas manne wat deur die lyk van ʼn mens onrein geword het, en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nadergekom voor Moses en Aäron op dieselfde dag,
en dié manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van ʼn mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd sou bring onder die kinders van Israel nie?
En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat die HERE julle sal beveal.
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: as iemand van jullle of van julle geslagte deur ʼn lyk onrein word of op ʼn ver reis is, dan meot hy tog die pasga vir die HERE hou.
In die twede maand, op die viertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet.
Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of ʼn been daaraan breek nie; voglens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.
Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.
En as ʼn vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, dan moet by dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.
En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel oordek, en die aand was dit oor die tabernakel soos ʼn gedaante van vuur, tot die môre toe.
So was dit altydeur: die wolk het dit oordek, en snags ʼn gedaante van vuur.
En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan-
volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; aldie dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.
En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.
Maar somtyds was die wolk net ʼn paar dae oor die tabernakel-volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.
En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre-as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag-as die wolk optrek, het hulle weggetrek;
of ná twee dae of ʼn maand of langer-as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die diens van die HERE waargeneem volgens die bevel van die HERE deur Moses