Afrikaans-1933/3/10

13 lines
1.9 KiB
Plaintext

En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vurupan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
Daarop het daar vuur van die aangesig van die hERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Toe sê Moses vir Aäron: Dit is die wat die HERE gesprek het deur te sê: In die wat naby My is wil Ek My die Heilige laat ken, En voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stil gebly.
En Moses het Mísael en Élsafan, die seuns van Ussíël, die oom van Aäron, geroep en vir hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.
Toe het hulle nadergekom en hulle en hul rokke buitekant die laer soos Moses gesê het.
Daarop sê Moses vir Aäron en sy seuns Eleásar en Ítamaar: Laat julle hare nie loshnag nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en daar toorn teen die hele vergadering uitbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; Wnat die salf-olie vna die HERE is op julle. En hule het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
En die HERE het met Aäron gespreek en gesê:
Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte;
en hulle moet onderskeiding maak tussen wat heilig en onheilig is, en tussen wat onrein en rein is;
En julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur Moses aan hulle verkondig het.
En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns, Eleásar en Ítamaar wat oorgebly het: Neem die spysoffers van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.