Afrikaans-1933/3/14

25 lines
3.7 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die wet van die malaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,
en die preister moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,
dan moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlaken stof en hisop moet bring.
Die preister moet ook bevel gee dat hulle die een voël in 'n erdeopt oor vars water slag.
Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die skarlaken stof en die hisop, en dit en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.
En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewemaal sprinkel en hom reinig, en die lewendig voël moet hy oor die oop veld laat wegvleig.
Dan moet hy wat gereinig word moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en 'n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
En op die seweend dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue-al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy leggaam in die water bad, Dan sla hy rein wees.
En op die agster dag moe thy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud-ooilam sonder gebrek en drie tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.
En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang vna die tent van samekoms opstel.
En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.
En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aand die regter-oorlap van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoom van sy regtervoet.
Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet en die priester se linkerhand.
Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewemaal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En van die orige olie in sy hand is, moet die priester stryk aan die regter-oorlap van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-op die bloed van die skuldoffer.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesg van die HERE.
Die priester moet ook die sondoffer klaarmaak en vir hom gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.
En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, dan moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van 'n efa fynmeel met die olie gemeng as spysoffer, en 'n log olie;
ook twee totelduiwe of twee jongduiwe-wat hy kan bekostig; en die een sal wees 'n sondoffer en die ander 'n brandoffer.
Hy moet hulle dan op die agste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.