36 lines
2.7 KiB
Plaintext
36 lines
2.7 KiB
Plaintext
Maar Job het geantwoord en gesê:
|
|
Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ʼn mens regverdig wees by God?
|
|
As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal Hom kan aantwoord nie.
|
|
Hy is wys wan hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
|
|
Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
|
|
wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
|
|
wat befel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ʼn seël wegsluit;
|
|
wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
|
|
wat die Beer gemaak het, die Drie Konings en die Sewester en die Kamers van die Suide;
|
|
wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
|
|
Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
|
|
Sleep Hy weg - wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
|
|
God wend sy toorn nie af nie; onder Hom is die helpers van Rahab oorweldig.
|
|
Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
|
|
ek wat nie kan antwoort nie al was ek regvaardig: ek kan my regter net om genade smeek!
|
|
As ek dagvaar en Hy my antvoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal lyster nie.
|
|
Hy wat my deur ʼn stormwind sou vernieteg en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
|
|
my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou verstandig met bitterhede.
|
|
Kom dit aan op die krag van die sterkste - hier is Ek! En kom dit op die reg aan - wie kan My dagvaar?
|
|
Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek vroom, Hy sou my as ʼn verkeerde reken.
|
|
Vroom is ek! Ek gee niks om vir myself nie: ek verfoei my lewe!
|
|
Dit is net eenders - daarom se ek: Die vroome en die goddelose vernietig Hy.
|
|
As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfling van die onskuldiges.
|
|
Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesigte van sy regters bind Hy toe. Is hy dit nie, wie dan anders?
|
|
En my dae was gouer as ʼn hardlooper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
|
|
Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos ʼn arend wat neerskiet op sy prooi.
|
|
As ek sê: Ek wil my geklaag fergeet en my droewige gesig laat vaar en volik word,
|
|
dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie vryspreek nie.
|
|
Ek sal tog skuldig wees - waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
|
|
Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
|
|
dan sal U my in ʼn poel indompel, sodat my klere van my ʼn afsku kry.
|
|
Want Hy is nie ʼn man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoort, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
|
|
Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
|
|
Laat Hy sy roeder van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie:
|
|
dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom befrees is; want sό is dit met my nie gesteld nie.
|