23 lines
3.3 KiB
Plaintext
23 lines
3.3 KiB
Plaintext
Daar was ʼn man in die land van Us wie se naam was Job; en dié man was froom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.
|
|
En vir hom was daar sewe seuns en drie dogters gebore.
|
|
Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf hondered paar beeste en vyf hondered eselinne en ʼn groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.
|
|
En sy seuns was gewoond om ʼn maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.
|
|
En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job laat weet dat hulle hul moes heilig. Dan maak Job die more vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my seuns gesondig en God in hulle hard geseën! So het Job altyd gedoen.
|
|
En op ʼn dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.
|
|
Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoort die Here en sê: Van ʼn swerftog oor die aarde wat ek deurkruis het.
|
|
En die Here vraa vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ʼn man froom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
|
|
En die Satan antwoord die Here en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?
|
|
Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het aan alle kante rondom beskut het nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het stek vermeerder in die land.
|
|
Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het-waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
|
|
Daarop sê die Here vir die Satan: Kyk alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie.En die Satan het wegegaan van die angesig van die Here.
|
|
En op ʼn dag terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,
|
|
kom ʼn boodskapper na Job en sê: Die beeste was aan't ploeë en die esels aan't wei langs hulle,
|
|
toe die Sabeërs ʼn inval gedeonen dit werggroof het, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen ontvlug om u dit te vertel.
|
|
Terwyl die een nog spreek, kom daar ʼn ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel af geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
|
|
Terwyl die een nog spreek, kom daar ʼn ander een en sê: Die Galdeërs het drie leërafdeelings opgestel en ʼn aanval gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
|
|
Terwyl die een nog spreek, kom daar ʼn ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,
|
|
toe daar meteens ʼn groot wind oor die woestyn kom wat die huis by die vier hoeke gryp; en dit het op die kinders geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
|
|
Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval
|
|
en gesê: Nakend het ek uit my moeder se skoot gekom, en nakend sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloof!
|
|
By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.
|