Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos Hy dit jou op die berg getoon het, so moet hulle dit maak.
Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;
So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.
En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen son-op, vyftig el:
en vir die poort van die voorhof ʼn bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
Al die pilare van die voorhof moet rondom met silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetsukke van koper.
Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte orals vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.
En jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyf-olie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ʼn brandende lamp te hê.
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal ʼn ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.