Compare commits

...

10 Commits

Author SHA1 Message Date
8a749fd628 Voeg by Genesis 47:26-31 2023-07-26 17:53:45 +00:00
9dd9b30b72 Voeg by Genesis 47:20-25 2023-07-26 17:53:45 +00:00
31fa347276 Voeg by Genesis 47:18-19 2023-07-26 17:53:45 +00:00
df0fde45f5 Voeg by Genesis 47:7-17 2023-07-26 17:53:45 +00:00
5e43685109 Voeg by Genesis 47:1-5 2023-07-26 17:53:45 +00:00
5ef292937e Voeg by Genesis 46:31-34 2023-07-26 17:53:45 +00:00
94219e264e Voeg by Genesis 46:19-30 2023-07-26 17:53:45 +00:00
5bc382737a Voeg by Genesis 46:1-18 2023-07-26 17:53:45 +00:00
a9184e9a35 Korreksie Génesis 1:1-31
Wysig - spelfout (uispansel) na (uitspansel) in vers 7
Wysig - voeg in ʼn (komma) na (môre) in vers 19
Wysig - spelfout (uitspandel) na (uitspansel) in vers 20
Wysig - spelfout (boomvrugde) na (boomvrugte) in vers 29
Wysig - verwyder spasie voor en na die (dash/strepie) in vers 31
Wysig - verwyder nommer 32 onder aan die hoofstuk
2023-07-20 05:52:55 +00:00
ea22f5fc4e Merge pull request 'Voeg by Númeri 19:1-22' (#158) from Eunice/Afrikaans-1933:Númeri into master 2023-07-05 05:58:04 +00:00
4 changed files with 92 additions and 5 deletions

10
1/1
View File

@ -4,7 +4,7 @@ En God het gesê: Laat daar lig wees! en daar was lig.
Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;
en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eesrste dag.
En God het gesê: Laat daar ʼn uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.
God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uispansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die twede dag.
En God het gesê: Laat die waters onder die hemel op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
@ -16,8 +16,8 @@ Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op d
God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.
En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde,
en om te heers oor die dag en oor die nag, en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.
En dit was aand en dit was môre die vierde dag.
En God het gesê: Laat die waters wemel met ʼn gewemel van lewende wesens, en laat die voëls vlieg oor die aarde langs die uitspandel van die hemel.
En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.
En God het gesê: Laat die waters wemel met ʼn gewemel van lewende wesens, en laat die voëls vlieg oor die aarde langs die uitspansel van die hemel.
En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat roer, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.
En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.
@ -26,6 +26,6 @@ En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee
En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugde aan is wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde waarin ʼn lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.
Toe sien God al wat Hy gemaak het en - dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Toe sien God al wat Hy gemaak het en-dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

34
1/46 Normal file
View File

@ -0,0 +1,34 @@
En Israel het weggetrek met alles wat hy had, en in Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan die God van sy vader Isak.
En God het Israel toegespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!
Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ʼn groot nasie maak.
Ek sal saam met jou aftrek na Egipte en Ek sal jou gewis ook opbring; en Josef sal jou oë toedruk.
Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:
sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.
En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het - Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
En die seuns van Ruben: Hanog en Pallu en Hesron en Karmi.
En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänietiese vrou.
En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela an Peres en Serag. En Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.
En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.
Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie en dertig.
En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Arόdi en Areëli.
En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.
Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.
Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.
En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.
En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.
Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.
En die seuns van Dan: Husim.
En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.
Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.
Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy lende afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses en sestig siele.
En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob, wat in Egipte gekom het, was sewentig.
En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.
Toe span Josef sy rytuig in en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.
En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!
Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en vir hom sê: My broers en die huis van my vader, wat in die land Kanaän was, het na my gekom.
En die manne is herders van kleinvee - want hulle was veeboere - en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.
En as Farao julle laat roep en vra: Wat is julle nering?
dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders - sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars ʼn gruwel.

31
1/47 Normal file
View File

@ -0,0 +1,31 @@
Daarop het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in die land Gosen.
En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel.
Toe vra Farao vir sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.
Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.
Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.
Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel julle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.
Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao gegroet met ʼn seënwens.
Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare?
En Jakob antwoord Farao: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
Toe het Jakob Farao gegroet met ʼn seënwens en van Farao af weggegaan.
En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle ʼn besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Ramses, soos Farao beveel het.
En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.
En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring.
En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?
En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is.
Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.
Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir meneer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is meneer s'n. Daar het niks vir meneer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.
Waarom moet ons voor u oë te gronde gaan, ons sowel as ons landery? Koop ons en ons grond vir brood, dan sal ons en ons grond aan Farao diensbaar wees; en gee saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die grond nie woes word nie.
So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword.
En wat die volk betref - hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan.
Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het ʼn vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
Toe sê Josef vir die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai.
En by die insameling moet julle ʼn vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal vir julle dien as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is en as voeding vir julle kinders.
En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat ons guns mag vind in die oë van meneer, dan sal ons die dienaars van Farao wees.
En Josef het dit ʼn wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte - die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
En Jakob het sewentien jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe, honderd sewen-en-veertig jaar was.
En toe die dae van Isreal naderkom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou - begrawe my tog nie in Egipte nie.
As ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord.
Toe sê hy: Sweer my tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.

22
4/19 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ʼn rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waar geen juk op gekom het nie.
En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haar buite die laer bring en voor hom slag.
En die priester Eleásar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar bloed sewemaal en die rigting van die voorkant van die tent van samekoms sprinkel.
Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.
En die priester moet sederhout en hisop en skarlaken stof neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.
Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.
Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad en hy sal tot die aand toe onrein wees.
En ʼn rein man moet die as van die koei bymekaar maak en buitekant die laer op ʼn rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel dien om bewaar te word as reiningswater: dit is ʼn sondoffer.
En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en hy sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ʼn ewige insetting wees.
Die een wat aan ʼn doeie, enige lyk van ʼn mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.
Op die derde dag moet hy hom daarmee ontsondig, en op die sewende dag sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag nie ontsondig nie, dan sal hy op die sewende dag nie rein wees nie.
Elkeen wat aan ʼn dooie raak, aan die lyk van ʼn mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE en dié siel moet uit Israel geroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid is nog aan hom.
Dit is die wet: As iemand in ʼn tent sterwe, dan sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.
Ook al die oop goed wat nie met ʼn deksel toegebind is nie, is onrein.
En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan ʼn dooie of aan ʼn mens se doodsbeen of aan ʼn graf, sal sewe dae lank onrein wees.
Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in ʼn pot op gooi;
en ʼn rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ʼn doodsbeen of aan een wat verslaan is of aan ʼn dooie of aan ʼn graf geraak het.
En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.
Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie gegooi nie, hy is onrein.
En dit moet vir hulle ʼn ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Ja alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.