Afrikaans-1933/19/12

10 lines
839 B
Plaintext
Raw Normal View History

2022-10-26 10:03:13 +00:00
Vir die musiekleier; met basstem. ʼn Psalm van Dawid.
2022-07-01 16:58:25 +00:00
Red, o HERE, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubblelhartig.
Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tog wat grootpraat,
hulle wat sê: Met ons tong is ons stek; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou ontspan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
2022-07-21 13:27:13 +00:00
Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in die smeltkroes, wat afloop na die aarde toe en gesuiwer is sewemaal.
U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal hulle bewaar van hierdie gesalg vir ewig.
Die goddelose swerwe rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.