Voeg by Númeri 18:1-32

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2023-05-29 15:26:14 +02:00 committed by Llewellyn
parent be56585f05
commit 3fb9988499
1 changed files with 32 additions and 0 deletions

32
4/18 Normal file
View File

@ -0,0 +1,32 @@
En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vaders saam met jou moet die tekortkominge met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die tekortkominge met betrekking tot julle in die priesteramp dra.
En laar ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou naderkom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.
En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag julle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.
Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en ʼn inbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.
En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.
Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as ʼn geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
Maar jy en jou seuns met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig.
Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self he tjou die diens van my offergawes gegee; wat aanbetref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel, en aan jou seuns as iets wat julle vir ewig toekom.
Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet die joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skludoffer van hulle, wat hulle My bring-as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
In ʼn hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
Dit moet ook joue wees as offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as iets wat jou vir ewig toekom. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerstelinge daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Alles wat on die die ban is in Israel, moet joue wees.
Alles wat die moederskoot open-alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere-moet joue wees; maar die ersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
En wat hulle loskoping aangaan, ʼn kind van ʼn maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir ʼn geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.
Maar die eersgeborene van ʼn koei of die eersgeborene van ʼn skaap of die eersgeborene van ʼn bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ʼn vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En hulle vleis moet joue wees; soos die beweegbors en die regterboud moet dit joue wees.
Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee EK aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as iets wat julle vir ewig toekom. Dit is ʼn ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy en jou seuns sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
En die kinders van Israel moet nie meer naderkom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai, sodat hulle sterwe nie.
Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra-ʼn ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as eerfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Jy moet ook met die Leviete spreek en vir hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, dan moet julle daarvan ʼn offergawe aan die HERE afgee, ʼn tiende van die tiende.
En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
Sό moet julle ook ʼn offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
Van al julle gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvna afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huiesgesin; want dit is vir julle ʼn loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
En julle sal terwille daarvan geen sonde op hulle laai as hulle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie onthelig nie, sodat julle nie sterwe nie.