Voeg by Psalms 4:1-9

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-06-25 14:03:44 +02:00 committed by Gitea
parent a031c4d5a4
commit 6db01530a8

9
19/4 Normal file
View File

@ -0,0 +1,9 @@
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente.'n Psalm van Dawid.
As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
o Manne, hoelank sal julle my eer tot skande wees? hoelank sal julle die nietegheid liefhê, die leuen soek? Sela.
Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
Offer offerhandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van U aangesig, o HERE!
Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.