Voeg by Psalms 40:1-18

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-03-13 16:45:11 +02:00 committed by Gitea
parent 4f14fb3ea1
commit a43db97c0c
1 changed files with 18 additions and 0 deletions

18
19/40 Normal file
View File

@ -0,0 +1,18 @@
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van David.
Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ʼn rots gesit; Hy het my gange vasgemaak.
En Hy het ʼn nuwe lied in my mond gegee, ʼn lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
Groot dige het U gedoen, HERE my God - u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
Toe het ek gese: Kyk, ek kom in die boekrol is dit my voorgeskrywe.
Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.
Ek verkondig ʼn blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.
U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my verlaat.
Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!
Laat hulle tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word wat my lewe soek om dit weg te ruk; laat hulle agteruitwyk en in die skande kom wat behae het in my onheil.
Laat hulle oor hul beskaaming verskrik wees wat vir my sê: Ha, ha!
Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!
Al is ek ellendig en behoeftig - die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!