Voeg by Númeri 11:1-9

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2023-01-31 16:29:14 +02:00 committed by Gitea
parent dde315c2e5
commit b8f1238fa2

9
4/11 Normal file
View File

@ -0,0 +1,9 @@
En die volk het hulle beklaag voor die ore van die HERE dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan.
Daarom het hy die plek Tabéra genoem, omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het.
En die gemengde bevolking wat onder hulle was, het baie begerig geword. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet?
Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoflok.
Maar nou is ons siel dor; daar's glad niks nie: net manna is voor ons oë.
Die manna was soos koljandersaad en dit het gelyk na balsemgom.
Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeules gemaal of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvna was soos die smaak van oliekoeke.
En as die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.