Compare commits

...

11 Commits

3 changed files with 112 additions and 0 deletions

42
40/10 Normal file
View File

@ -0,0 +1,42 @@
En Hy het sy twaalf disiepels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elk kwaal te genees.
En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;
Filippus en Bartholoéüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;
Simon Kananítes en Judas Iskariot die een wat Hom verraai het.
Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ʼn stad van Samaritane nie;
maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Maak siekes gesond, reinig melaatse, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet gekry, gee dit verniet.
Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie-
geen knapsak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ʼn stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd.
En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek.
En as julle die huis ingaan, groet dit;
en as die huis waardig is, laat julle vrede daarop kom maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.
En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
Voorweer Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
Kyk, Ek stuur julle soos skape onder wolwe; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
Maar pas op vir die mense; want hulle sal julle oorlewwer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel.
En ook voor goewernenrs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ʼn getuienis vir hulle en die heidene.
Maar wanneer hulle julle oorlewer moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie; want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.
Maar die een broer sel die ander in die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opsteen en hulle doodmaak.
En julle sal deur almal gehaat word terwille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe Want voorwaar Ek sê vir julle julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
ʼn Leerling is nie do die meester nie en ʼn slaaf ook nie bo sy heer nie.
Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die slaaf soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
Vrees den nie vir hulle nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
Wat Ek vir julle in die donker sê vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan boodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Word twee mossies nie vir ʼn stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sel op die aarde val buiten julle Vader nie.
En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
Moet dan nie bang wees nie: julle is maar werd as daie mossies.
Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
Maar elkeen wat My verloë voor die mense, hom sal Ek ook verloë voor my Vader wat in die hemele is.
Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ʼn man en sy vader, en tussen ʼn dogter en haar moeder, en ʼn skoondogter en haar skoonmoeder.
En ʼn mens se huisgenote sal sy vyande wees.
Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie werd nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie werd nie
En wis sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie werd nie.
Wie sy sied vind, sal die verloor; en wie sy siel verloor om My ontwil, sal dit vind.
Wie julle ontvang, ontvang My; En wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
Wie ʼn profeer ontvang omdet hy ʼn profeet is, sal die loon van ʼn profeet ontvang; en wie ʼn regverdige ontvang omdet hy ʼn regverdige is, sal die loon van ʼn regverdige ontvang.
En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ʼn beker kon water laat drink in die naam van ʼn disiepel, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

30
40/11 Normal file
View File

@ -0,0 +1,30 @@
En toe Jesus klaar bevele gegee het aan sy twaalf disiepels, gaan Hy daarvandaan weg om te leer en te preek in hulle stede.
En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van die werke van christus en twee van sy disiepels gestuur
en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ʼn ander een verwag?
En Jesus het geatwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel Johannes wat julle hoor en sien:
blindes sien weer en kreuples loop, melaatse word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.
En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
En toe hulle vertrek, begin Jesus om vir die skare aangaande Johnnes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? ʼn Riet wat deur die wind beweeg word?
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ʼn Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ʼn Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ʼn profeet!
Want dit is hy van wie deer geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U nit sal regmaak.
Voorwaar Ek sê vir julle onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Dopernie; maar die kleinste in koninkryk van die hemele is groter as hy.
Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
En as julle gewillig is om dit aan te neem: hy is Elía wat sou kom.
Wie ore het om te hoor,laat hom hoor.
Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die marke sit en na hulle maats roep
en sê: Ons het vir julle op die fiuit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ʼn klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.
Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ʼn duiwel.
Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ʼn mens wet ʼn vraat en ʼn wynsuiper is, ʼn vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.
Toe het hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie dekeer het nie:
Wee jou, Gόrasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirue en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as dekeer het.
Maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraaaagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.
En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergstoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.
Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.
In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verderg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopendaar het.
Ja, Vader, want so was dit u weldehae.
Alles is My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook kan niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die wil openbaar.
Kom na My toe, almal wat vermoeid en blas is, en Ek sal julle rus gee.
Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele.
Want my juk is sag en my las is lig.

40
40/12 Normal file
View File

@ -0,0 +1,40 @@
In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy disiepels het houger gehad en begin om are te pluk en te eet.
Maar toe die Feriseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u disiepels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.
Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie-toe hy houger gehad het en die wat saam met hom was-
hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat hom nie geoorloof was om te eet nie, en ook die wat saam met hom was nie, maar net die priesters alleen?
Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.
Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;
want die Seun van die mens is Here όόk van die sabbat.
En toe Hy daarvandaan weggegaan het, kom Hy in hulle sinagoge.
En daar wat ʼn man met ʼn verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is die geoorloof om op die sabbat gesond te maak?-sodat hulle Hom sou kan aanklae.
Maar Hy sê vir hulle: Watter mens van julle sel daar wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ʼn sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie?
Hoeveel meer is ʼn mens dan nie werd as ʼn skaap nie! So is die dan geoorloof om op die sebbat goed te doen.
Toe sê Hy vir die man: Steek jon hand uit! En hy het dit uitgesteek; en dit is herstel, gesond soos die ander een.
Daarop gaan die Fariseërs uit en hou saam raad teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
Toe Jesus die demerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak;
en hulle ʼn streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie,
sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet:
Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ʼn welbehae het. Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal die nasies die nasies die reg aankondig.
Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.
ʼn Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ʼn lamppit wat rook, sal Hy nie uitblat nie totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.
En op sy Naam sal die heidene hoop.
Toe het hulle ʼn duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.
En al die menigtes was verbaas en het geaê: Is hierdie man nie miskien die seun van Dawid nie?
Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels uit nie anders as deur Beëlsedul, die owerste van die duiwels nie.
Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan dly staan?
En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle julle regters wees.
Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Of hoe kan iemand in die huis van ʼn sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.
Hy wat nie met my is nie, is teen My; en hy wat nie met My bymekaarmaak nie, verstrooi.
Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
En elkeen wat ʼn woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
Julle moet όf die boom goed maak en sy vrgte goed, όf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.
Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hert goeie dinge te voorskyn en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.
Maar Ek sê vir julle dat elke ydel wood wat die mense praat, daar moet hlle rekenskap van gee in die oordeelsdag.
Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag ʼn teken van U sien.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ʼn Slegte en oorspelige geslag soek na ʼn teken, en geen teken sal vir hom gegee word behalwe die teken van die profeet Jona nie.
Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in dte hart van die aarde wees.