Afrikaans-1933/3/23

36 lines
4.5 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste-dit is my feestye.
Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ʼn dag van volkome rus, ʼn heilige samekoms; geen werk mag julle doen nie-dit is ʼn sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
Dit is die feestye van die HERE, die heiligesamkomste wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;
en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet ulle ongesuurde brode eet.
Op die eerste dag moet daar vir julle ʼn heilige samekoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE ʼn vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ʼn heilige saamekoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, dan moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die preister bring.
En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat die julle welgevallig maak; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ʼn jaaroud-lam sonder gebrek as brandofffer aan die HERE klaarmaak.
die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ʼn efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE,ʼn lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ʼn kwart hin.
En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ʼn ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffer bring-sewe volle weke moet dit wees;
tot die dag nádie sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ʼn nuwe spyoffer aan die HERE bring.
Julle moet uit julle woonplekke twee beweegdrode bring; dit moet van twee tiendes van ʼn efa fynmeel wees; gesuurd meot dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.
Julle moet ook by die brood sewe jaaroud-lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ʼn brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En julle moet een bokram as sondoffer klaarmaak. Ook twee jaaroud lammers as drankoffers,
en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer die aangesig van die HERE beweeg; saam met die twee lammmers moet dit aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.
En julle moet op daardie selfde dag uitroep-ʼn heilige saamekoms moet die vir julle wees; geen beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ʼn ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
En as julle die obrings van jul land oes, dan moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaar nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees met wekroep deur basuingeklank, 'n heilige samekoms.
Geen beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoening. 'n Heilige samekoms moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.
En op daardie selfde dag mag julle geen werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.
Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit.
Julle mag geen werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende dag van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewnede maand is dit sewe dae lank die huttfees vir die HERE.
OP die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.