Voeg by Exodus 13

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:34:50 +02:00
parent 6d29d91e6f
commit 1b67a3b9ad
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
2/13 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Heilig vir my al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.
Verder het Moses vir die volk gesê: Dink op hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle met 'n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.
Vandag trek julle uit, in die maand Abib.
En as die HERE jou bring in die land van die Kanäaniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met 'n eet beloof het om aan jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie selfde maand onderhou.
Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n fees vir die HERE.
Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.
En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit is vir wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
En dit moet vir jou 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wed van die HERE in jou mond kan wees; want deur 'n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.
Daarom moet jy hierdie insettinge onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.
En as die HERE jou in die land van die Kanäaniete bring, soos hy aan jou en jou vaders in 'n eet beloof het, en hy die aan jou gee,
dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê-wat manlik is, behoort aan die HERE.
Maar elke eersteling 'n esel moet jy met 'n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersbeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.
En as jou seun later vra en sê: Wat beteken dit?-dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
Want toe Farao swaarigheídgemaak het om ons te laat trek, het dei HERE al die eersbeborenes in Egipteland dood gemaak, van die eersbeborene van die mense af tot die eersbeborene van die diere toe.Daarom offer ek aan die HERE alles wat dei moederskoot open, wat manlik is; maar al die eersbeborenes van my seuns koop ek los.
En dit sal 'n 'n teken wees op jou hand en ;n voorhoofsband tussen jou oë. Want die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei.
Toe Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, hoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien en teruggaan Egipte toe.
Daarom het die HERE die volk laat wegdraai in die rigting van die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.
En Moses he tdie bene van Josef saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: As God eindelik op julle sal ag gee, bring dan my bene saam met julle hiervandaan op.
So het hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.
En die HERE get voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.