Voeg by Job 13

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:36:01 +02:00
parent a1312ad5e5
commit 6d29d91e6f
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 28 additions and 0 deletions

28
18/13 Normal file
View File

@ -0,0 +1,28 @@
Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek wil pleit teenoor God.
Maar julle is uitstrooiers van leuns, kwaksalwers is julle almal.
Ag, as julle maar heeltemal wou swyg - dan sou dit vir julle wysheid wees!
Hoor tog na my verantwoordig en luister na die aanvalle van my lippe.
Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos ʼn mens bedrieg word?
Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.
Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
Kyk, al wil Hy my doodmaak - ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
Ook is dit tot my heil dat ʼn goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék onskuldig is.
Wie durf dan my bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
Moet my net twee dinge nie aandoen nie; dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
Klaag dan maar aan, en ék sal aantwoot; of ek sal spreek, en U gee my aantwoot .
Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my oortreding en sonde bekend.
Waarom verberg U u aangesig en hou my vir ʼn vyand van U?
Wil U ʼn verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg?
dat U bitter dinge oor my beskik en die ongeregtighede van my jeug my laat erwe,
en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak. U trek vir U ʼn streep om die sole van my voete;
en dit iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos ʼn kleet wat die mot verteer.